Gedagtes oor die relevansie van die @sablogawards

Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!

Hek. Wagters. Hulle sit daar.

Die SA Blog Awards 2010 is tans in ‘n finale stemfase.

Ek het nie werklik probeer deelneem hierdie jaar nie, omdat ek eenvoudig nie meer die punt van die hele proses kan insien nie. (In die verlede het ek gepoog om iewers te kom in die kompetisie en selfs ‘n troosprys of twee gewen – toe het dit selfs vir my iets beteken.)

Vanjaar het ek daarom ‘n opsetlike poging aangewend om nié inskrywings te maak om almal te herinner om vir my te stem nie, nié die “stem-vir-my-want-my-blog-is-belaglik-cool”-banier iewers prominent in my sidebar te plak nie, nié om te gee nie. (Ek het myself genomineer  - iets wat almal in elk geval doen – maar dit was bloot om hulle sisteem te toets.)

Vanwaar die traak-my-nie-agtigheid?

As ‘n mens mooi daaroor dink, is toekennings vir blogs totaal en al teenstrydig met die hele idee van die internet. Dis tog ‘n ruimte waar enigiemand enigiets kan publiseer – waar die redaksionele hekwagters wat tradisioneel oor publieke inhoud gewaak het, oorbodig geraak het. As jy die lof van jou ma se tante se ouma se berugte melktertresep met ‘n liriese epos in terza rima wil besing en dit met ‘n gemiddeld van tien spelfoute per strofe op jou blog wil doen, kán jy. Niemand gaan jou keer nie.

Kwaliteitsbeheer is nie ‘n voorvereiste vir ‘n blog nie. Blogs hoef ook nie geliefd te wees deur soveel moontlik mense nie. As jou leserspubliek uit niemand anders as jou ouers en jou kat bestaan nie, het jy netsoveel reg om iets te publiseer as ‘n koerant met sirkulasiesyfers wat in die duisende gaan draai.

Kan die inhoud op ‘n blog beoordeel word? Natuurlik! Dis net, om dit doen, is in wese maar om prosa (of fotografie of kinematografie) te beoordeel – iets waarvoor daar al vir jare standaarde is. Daarenteen is riglyne vir kategorieë by die SA Blog Awards wat inhoudspesifiek is (beste inheemse taal, mees humoristiese inskrywing, beste blog oor politiek et cetera), opsigtelik afwesig.

Blogs is nie ‘n genre nie. Dis platforms. Om vir die beste platform te stem in ‘n kompetisie sonder enige duidelike kriteria waaraan die platform gemeet moet word, is sinloos. Om vir ‘n platform te stem asof dit wel ‘n genre is sonder enige beoordelaars wat, sê, ‘n paar jaar se nagraadse opleiding in teksanalise of ervaring as skrywers (of fotograwe of aanbieders van kletsprogramme) het, is ‘n mors van tyd.

Wat help dit tog jy publiseer jou gedagtes in ‘n arena waar redaksionele hekwagters verdwyn het en probeer terselftertyd deelneem aan ‘n kompetisie waar nuwe hekwagters sporadies aangestel is?

Post to Twitter

Vuur in die larinks!

As jy ‘n Afrikaanse musiekliefhebber is met ‘n soeke na iets meer as ‘n ritmiese Patayo om by jou oorkanaal af te laat biggel, haas jouself na Stemband – Nuus24 se nuwe inisiatief wat poog om verslag te lewer (of sommer net te rumineer) oor alternatiewe Afrikaanse musiek. In hul eie woorde:

Geen Juanita’s of Juanita-tipes toegelaat nie. Dieselfde geld Nicholisse en basies enige kunstenaar wat net met ‘n voornaam funksioneer.*

Hulle’s groot op crowdsourcing en al daai jazz ook, so as jy iets beleef het en daaroor wil skryf, stuur dit gerus na stemband@nuus24.com.

Toe, waarvoor wag jy? Fire in the hole! Flashbang! G0g0g0!

* Sorrie, Elvis…

Post to Twitter

Faaitieng faaier wif faaier

Want die mees effektiewe metode om sensuur teë te werk is om jou eie gesig te sensor.

(Of ‘n Twibbon te kry. Dit verrig glo ook wondere.)

Post to Twitter

Goeie joernaliste skryf immers nie ongeverifieerde stories nie

Om die een of ander rede verwar mense die ANC se voorgestelde Wet op die Beskerming van Inligting met die voorgestelde mediatribunaal.

Wanneer koerante hieroor berig, word sowel tribunaal as wet genoem, maar handel die meerderheid van die berig dan oor die wet. (Sien byvoorbeeld hierdie berig van die Mail & Guardian.) Besoek gerus self ‘n paar Suid-Afrikaanse koerante se webtuistes en probeer ‘n duidelike uiteensetting van die voor- en nadele van die tribunaal kry. Jy gaan dit waarskynlik nie vind nie.

Die voorgestelde wetsontwerp is ‘n gevaarlike idee en vanselfsprekend ‘n bedreiging vir ondersoekende joernalistiek, vryheid van spraak en die vloei van inligting na die publiek. Daaroor, dink ek, is almal dit eens. Sodanige wetsontwerp hoort nie in Suid-Afrika nie en sal nie die toets van die grondwet deurstaan nie. Hoe vinniger die hansworse in die parlement dit besef, hoe beter vir almal van ons.

Die voorgestelde mediatribunaal, daarenteen, is ‘n liggaam waar daar teen onverantwoordelike en misleidende verslaglewering geappeleer kan word. Ek vind dit moeilik om te begryp hoekom die pers so gekant is teen die konsep – dis op geen manier ongrondwetlik, verkeerd of selfs onsinnig vir groot instellings om deur ‘n onafhanklike reguleerder dopgehou te word nie. Die uitsaaiwese het die BCCSA. Die telekommunikasiebedryf het ICASA. Verkiesings het die IEC. Die sakesektor het die Kompetisiekomissie. Die hele land het die Menseregtekomissie en die Hof.

Die pers? Hulle het die Persombudsman. Read more »

Post to Twitter

Meerderwaardigheid

Soms

Soms stap jong gelegitimeerdes by kweekskole uit,  toegerus met oorgenoeg kennis oor die Bybel om nié hul gemeentelede te vertel dat elke liewe lettertjie daarvan deur God self en Sy antropomorfistiese vingers geskryf is nie. Geskool in hermeneutiek en allerhande dinge wat saakmaak wanneer tekste ter sprake kom, stap hulle daar uit.

En dan gaan hulle wragtig.

Waaragtig.

Gaan hulle na gemeentes.

En verswyg alles wat hulle geleer is.

Nie ‘n woord sal hulle rep oor die problematiek van vertalings, die veelvlakkige kompleksiteit van taal en die twyfelagtigheid van begrippe soos “ewige waarheid” of ‘n “finale betekenis” nie. Stil-stil sal hulle nalaat om te noem dat baie dinge nie is soos dit vir gemeentelede voorkom nie – dat die term “God” byvoorbeeld as ‘n sambreelterm vir verskillende eiename uit verskillende tydperke gebruik word, dat die woord “hel” meestal nie na ‘n metafisiese smetput nie, maar ‘n destydse ashoop buite Jerusalem verwys, dat nie God nie, maar Paulus homself uitgelaat het oor onderdanige vroue.

As hulle plakkate en vetkryttekeninge teen Sondagskoolklaskamers se mure sien wat verduidelik hoe Adam en Eva regtig bestaan het, sal hulle swyg. Wanneer ‘n kerkraadfaksie aandring dat die kerk anti-evolusieplakkate teen die kerksaalmure aanbring, sal hulle ambivalent knik, maar nie veel doen om dit te stuit nie. Hulle sal baie dinge vir hulle gemeente leer, maar wat in die kweekskool oor die Bybel geleer is, sal hulle uitlaat.

Met ‘n glimlag en ‘n uitgestrekte hand wat weekliks na die plafon reik, sal hulle stil die kennis wat aan hulle toevertrou is vir hul lidmate vermoor. En hulle sal dit met ‘n glimlag doen.

Soms word ek kwaad.

Post to Twitter

Die suurgeit van onze dames met notaboekies

http://gormendizer.co.za/wp-admin/post.php?post=8844&action=edit&message=10#

Ek het ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi rakende die veelbesproke mediatribunaal en wil dit graag aan die hand van ‘n storie uit my universiteitsjare doen.

Drie jaar gelede, op 9 Augustus 2007, het Eendrag (‘n manskoshuis by die Universiteit Stellenbosch) se boonste verdieping afgebrand. Ek was woonagtig in Helshoogte (nog ‘n manskoshuis, aangrensend aan Eendrag) en het die rare geleentheid gehad om saam met my mede-koshuisinwoners die tragedie op ons eie manier te beleef.

Terwyl Eendrag se inwoners waarskynlik vervaard rondgeskarrel het om uit die brandende gebou te kom, het ons verward die slaap uit ons oë gevee en magteloos na die vlamme voor (en onder – helshoogte is 11 verdiepings hoog) ons gestaar. Stil-stil het ons mekaar wakkergemaak, in die koshuis se gange rondgestrompel en die nuus versprei dat die gebou langsaan besig is om af te brand. Hier en daar het mense hul karre uit die pad getrek; ‘n paar mense het nooddienste gebel. Die meeste van ons het egter bloot na die verwoesting gestaar en nie regtig geweet wat om daaromtrent te doen nie. Read more »

Post to Twitter

Só maak Regte Afrikaners

Ek het eers nie geweet ek is by Die Genootskap van Regte Afrikaners nie. (Ek het nie eers geweet hulle bestaan nog nie.) So tussendeur die koffie en die gesels kon ek egter hoor hoe iemand aan ‘n ouerige oom met ‘n Bybel onder sy arm vra: “en watter gedeelte lees Doktor vandag vir ons voor?” Die oom het paraat iets geantwoord, die vraer het instemmend geknik en ek was dadelik verward.

Ek was immers nie in die roostuin om na Bybelversies te luister nie.

Lees die res hier.

Post to Twitter

Dooie rot vs Die Heuwels Fantasties

Persoon X in gesprek A

Dude, Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties was heeltemal dronk op die verhoog by Oppikoppi. Hy kon nie eers regop staan terwyl hy moes sing nie – hy was soosin heeltemal dronk! As ‘n band live perform moet hulle darem wragtig hulle shit ken, jy weet? Ek het nou soosin nul respek meer oor vir hulle. Screw Pierre en Die Heuwels. Ek skaam my dood vir hulle.

Persoon X in gesprek B

Aah man, Oppikoppi was soosin fakkin cool, man! Ek het soos shrooms gedoen en fakkol geslaap en soos gedrink tot ek my longe uitgekots het, man! Fakkin Bachus bo! Soosin ek het hierdie heavy hangover gehad en my tong voel nou soos ‘n dooie rot en soos als was net ‘n fakkin dronk fees, bra! Ek’t fakkin sommer uitgepass teen ‘n doringboom so fuct was ek! Dit was fakkin totally fakkin legend!

Post to Twitter

Sprei vs Olie

“Hello there! I’m a Mac…”

“And I’m a PC…”

image

Post to Twitter