‘n Mens kom tot vreemde insigte wanneer jy ledig by jou heimat lê en muf. Ek het 'n uur gelede ontdek presies hoé aaklig die ou omies van Metallica se album “Saint Anger” nou eintlik is. (My hardeskyf is soos my ma se Bybel…elke keer iets nuut…) Dit klink soos daai avant garde, offbeat punk waar die kitare so modderig soos New Orleans se teerpaaie en Lars Ulrich se snaredrum so oorbodig soos die metafore in hierdie sin is.
Nodeloos om te sê het ek dit summier afgevee…