Deel van 'n voorgraadse universiteitsvakansie is dat jy elke dag kan doen net wat jy wil. Ek het die geleentheid aangegryp om tussen my besete oefenskedule deur (virtuose kitaarstukke leer nie hulleself aan nie, jy weet…) ’n bietjie op WikiPedia te gaan oplees oor 1337-speak. Dis nogal snaaks om te sien hoe die informele dialek wat gamers regoor die wêreld besig formeel en akademies beskryf word.
i ar3 teh r0x0rz!