Ek was nounet saam met my legendariese oupa en ouma by die Spur. Daar was nie 'n enkele Panarottis in sig nie en ek het myself gate uit geniet – soveel so dat ek dit oorweeg het om vir 'n paar minute in die kiddies playpen te gaan rondklouter. Alles was besonder aangenaam (en eetbaar) totdat 'n gatkruiperige dame halfmas oor die tafel geleun het en met die wêreld se deernis wou weet of alles nog in die haak is. So fake soos 'n plastiekblom op 'n doodskis. Ek wou by haar uitvind hoekom my burger se bykomende slaai uit slegs 'n versnipperde blaar en 'n uiering bestaan het, maar skielik was sy skoonveld. My pa het die oomblik gered met 'n vlymskerp opmerking oor vleissouse: “Ek gooi eers op, dan proe ek”
Twitter
- Ek verstaan nou nog nie hoekom enigiemand hierdie junk sal koop nie http://t.co/HVWxteNY 1 hour ago
- RT @hayibo: State of the Nation: children to fill potholes, SABC to screen ‘Real Housewives of Nkandla’. http://t.co/gZSRsAzE 1 day ago
- RT @OliverHermanus: So we all know that @MTNsa is selling its wears in Iran and is most likely a sympathiser of the regime, why are not ... 1 day ago
- Elke keer wat jy die frase "glitz and glam" gebruik, veroordeel ek jou so 'n bietjie as mens. 1 day ago
- #$#@)($)$# bibliography styles! 1 day ago
- Voordeel van doktorale navorsing: jy leer opnuut hoe onbenullig jy werklik is. Nadeel: jy't elke LaTeX command op aarde vergeet. 1 day ago
- Ek wil graag van hierdie oomblik gebruik maak om te beklemtoon hoe ongelooflik manlik my Twitter-agtergrond is. 2 days ago
- Argh! We get it, FNB. Julle is awesome en Steve suier. Get off my radio now. 2 days ago
- Religion is essentially the emptying of language. 2 days ago
- Bokdrolle is nie vye nie, ta' Hettie. Bokdrolle is nie $#@$ vye nie! http://t.co/k1s7EJ76 via @Nuus24 4 days ago