Boor, giggel, herhaal

musiekwereld-011.jpgOmdat ek Donderdag (oormôre) op 'n twee en 'n half weke toer saam met Atlete vir Christus vertrek, moes ek een van my kitare 'n bietjie regruk. Dit was destyds my pa s’n en hy het vir jare bloot die boonste gedeelte van sy strap met ’n veter onder die tuning heads vasgebind. Behalwe dat dit betreklik neelsierig lyk, speel dit ook vrek ongemaklik as jy daarmee op 'n verhoog staan. Ons het 'n nuwe strap gaan aanskaf en spesiaal een van daai oulike hakies by die kitaar laat inboor waar die nek en die klankkas bymekaar kom. (Huidiglik sukkel ek myself dood om die klein strap oor die groot hakie te pas.)

musiekwereld-003.jpgDie boorwerk is deur Cobus, een van die vriendelike werknemers by Musiekwêreld, gedoen. Hy was effens kamerasku, maar ek kon hom fnuik en op die onderstaande foto vang. Daarna het ek sommer die geleentheid aangegryp om oor 'n wit Steve Vai JEM signature guitar en 'n swetterjoel amps te kwyl. (Vai is een van daai kitaarspelers wat vinniger kan speel as wat jou ouma nog kos in jou bord kan skep.) R18 000 vir daai stuk hout en snare…

musiekwereld-013.jpgValiant Swart en die lead guitarist van ZinkPlaat was toevallig ook in die winkel; dit was kostelik om die uitdrukkings op hulle gesigte te sien toe ek net die kitare, en nie vir hulle nie, wou afneem.

This entry was posted in Musiek and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>