Almal maters

Mai-Li het my vanoggend wakkergebel en gevra of ek saam met haar skool toe wil gaan. Sy’s 'n Mejuffrou Skiereiland-finalis en het die skoolhoof genader vir fondse, world peace en ander higiëniese syndes. Ek en my retinas het in haar “suster se vriend wat nou in Namibië is en nie eintlik hiervan weet nie” se kar na ons alma mater gery en vele onderwysers gaan opsoek.

Me Emery (Engels), Me Den Haan en Boonzaaier (Musiek) en Mejuffrou Cilliers (Wiskunde) onthou ons. Meneer van der Westhuizen (Afrikaans) het ons misgekyk asof ons elkeen in 'n gevorderde permutasie van die runderpes ontwikkel het. Groot was my verbasing ook toe ek vinnig 'n trompet in een van die musiekklasse opgetel het en kon onthou hoe om 'n C bo middel-C te speel. Ek wou daarna iemand met 'n brandblusser spuit, maar Mai-Li wou nie. T’ag…

This entry was posted in Sommer and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>