Dis skuins na middernag en die halfgepeuselde Kagiso op my skadu-bedremmelde lessenaar lyk soos 'n lewende organisme. Ek was honger en het vir Jaco, André, Karl en Sam saamgesleep na die BP in Merrimanlaan. Nie vir 'n Kagiso-piekniek nie – vir 'n BP Pie.
BP Pies is afgryslik duur. En sleg. Bonatuurlik sleg. Sleg genoeg om Chris Brink te laat huil. Ek het daarom 'n peperduur BP-Piesang gekoop en dit saam met 'n bakkie frozen yoghurt in my slukderm afgeforseer. Ons het gaan sit, wyshede begin kwytraak en pasteie en piesangs verorber. Karl en Sam het mekaar verbete begin bat en almal het vet pret gehad. Ek het petrol in my kar gegooi, gegiggel vir die toegewasemde agterruit en almal na hulle onderskeie koshuise terugvervoer.
-QED