Puntlose posts is pret

Dis skuins na middernag en die halfgepeuselde Kagiso op my skadu-bedremmelde lessenaar lyk soos ‘n lewende organisme. Ek was honger en het vir Jaco, André, Karl en Sam saamgesleep na die BP in Merrimanlaan. Nie vir ‘n Kagiso-piekniek nie – vir ‘n BP Pie.

bplogo.gifBP Pies is afgryslik duur. En sleg. Bonatuurlik sleg. Sleg genoeg om Chris Brink te laat huil. Ek het daarom ‘n peperduur BP-Piesang gekoop en dit saam met ‘n bakkie frozen yoghurt in my slukderm afgeforseer. Ons het gaan sit, wyshede begin kwytraak en pasteie en piesangs verorber. Karl en Sam het mekaar verbete begin bat en almal het vet pret gehad. Ek het petrol in my kar gegooi, gegiggel vir die toegewasemde agterruit en almal na hulle onderskeie koshuise terugvervoer.

-QED

Post to Twitter

5 Responses to “Puntlose posts is pret”

  1. BP Pies is lekker, baie beter as Simple Simons… Maar ek moet saam stem, hulle is redelik duur en dit is altyd moeilik om daardie geldjies uit te haal.

    Reply

  2. Ek moet van die geleentheid gebruik maak om te sê dat BP pies, hoewel duur, inderdaad goed deur peristaltiese stuiptrekkings verorber word indien die hongerpyne geamuseerd aan my gastriese sappe peuter. Voeg by ‘n vlugtige (en welluidende) ontmoeting met ‘n klasmaat van skool, asook ‘n heel aangename sosialiseringsessie met die teenwoordige Atlete, was dit in sy geheel ‘n bevredigende samekoms.

    URPU is great.

    Reply

  3. Ek wonder tog wat Survivor mense van BP pies sou dink??? Heel moontlik met eerste oogopslag hulle skepper prys met die gebruiklik O My Skepper uitdrukking…en dan die pies gulsig opeet.

    Reply

  4. En hoekom het jy my nooit kom oplaai nie?

    Reply

  5. My kar sukkel om te versnel met meer as 5 mense…

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled