Die mees kreatiewe kop in die heelal

thumbnail.jpgSoms wens ek Suid-Afrika kan meer soos 'n supermark wees. Supermarkte is soos die nadraai van die Armageddon: die oomblik wanneer 'n mens dit binnestap, word jy tydelik ontneem van al die samelewing se pyne en skete en is jy niks meer as 'n normale mens wat probeer om aan sy basiese behoeftes te voorsien nie. Alle vooroordele verdwyn: rykes en armes moet gelyk in 'n tou staan, almal word gefop deur strategies geplaasde sjokolade-rakke en almal moet dieselfde mundane artikels aanskaf. (Daai rolletjie langs jou toilet gaan nie homself vul nie…) Diefstal is puntloos. Niemand weet hoeveel geld jy verdien, waar jy woon of hoe jy met die res van die wêreld omgaan nie – al wat saakmaak, is die spoed waarteen jy jou aankope kan afhandel en diegene agter jou 'n kans kan te gee om dieselfde te doen.

(As jy nou geraai het dat ek onlangs 'n mikrogolfoond gekoop het en vanmiddag soos 'n besetene alles verhitbaar in Stellenbosch se Pick 'n Pay opgetel het, verdien jy Kaapse klopse op die skouer.)

This entry was posted in Sommer and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>