Monthly Archives: August 2006

Stultus herrys

In my matriekjaar het ek Naspers se nasionale prys vir “beste rubriek in 'n skoolkoerant” gewen. My Engelse juffrou het van my skryfwerk agter my rug ingestuur – toe ek weer my oë uitvee, was ek bo-op 'n baie hoë gebou in Kaapstad, kliphard besig om vingeretes te verorber. Nou, na amper drie jaar se onthouding van rubrieke neerpen, is ek [...]

Posted in Matieland | Tagged , , | 4 Comments

Groetnis: Alberta

Dis vreemd hoe gesiene skrywers 'n mens se dag in rouwarm, neo-klassisistiese rockmusiek kan verander. My huidige emosionele toestand word goed opgesom deur Michael Angelo Batio se Hands Without Shadows: ek was vanmiddag tydens etenstyd na Prof. Van Niekerk, wat my gediggie uitmekaar getrek het, voorstelle gemaak het en plek-plek komplimente kon kwytgeraak. Toe ons klaar was, [...]

Posted in Poësie, Taal | Tagged , , , | 6 Comments

laat u moederboom blom

Ek het 'n tydjie gelede die idee gekry om 'n sinergisme te skep uit die Onse Vader en Annesu de Vos se Gebed van 'n Groen Perske. Die resultaat is Gebed van 'n Kranksinnige Groen Perske, wat ek vanoggend aan Prof. Marlene van Niekerk (akademikus en welbekende skrywer) gestuur het. Sy wil my Dinsdag om [...]

Posted in Poësie, Taal | Tagged , , | 2 Comments

Das Bemarxing

Mirakels gebeur nog – ek het vanoggend vroeg opgestaan en 'n rooi das gaan koop om na my huisdans te dra. (As jy Karl Marx is, lees: die das het my siel gekoop.) Yvette is saam – sy is die enigste persoon in die heelal wat die korrekte skakering van my date se rok ken. (Sy’s [...]

Posted in Matieland | Tagged , , , | 6 Comments

Prim en P(r)opper

Helshoogte het vanmiddag primsirkus gehou en ek het gestaan. As grapkandidaat. Ek en Henno het 'n hele bemarkingsveldtog vir my geloods met plakkate, slagspreuke en RealPopUp netwerkboodskappe. Tydens die sirkus (in die eetsaal) het ek 'n entrance gemaak, my donkerbril reggeskuif en losgebrand op die koshuis met 'n rasende elektriese kitaarsolo, wat dan ook as [...]

Posted in Matieland | Tagged , , , | 6 Comments