Groen Coke

Ek het onlangs die skreeusnaakse geleentheid gehad om twee liter Coke in Macdonalds se manstoilet af te giet. Dit het bruisend gesis en toe half nors in 'n generiese rioolpyp afgegly, ver buite die kader van populêre kultuur en kapitalisme wat dit iewers in 'n sodafabriek gekraam het.Kyk...beeldmanipulasie... My kar se battery was pap en ek moes in Merrimanlaan afpiekel om petrol te koop. Siende dat my maag nie petroleum-tolerant is nie (en ek in elk geval nie lus was om brandstof te drink nie) moes ek 'n dergelike houer opspoor. 'n 2l Cokebottel het na die ideale ding gelyk en kort voor lank was ek kliphard aan’t giet.

Groot was my verbasing toe ek die leë bottel in die die petroljoggie se hand stop en hy dit vir my volmaak: die prys van die brandstof was nagenoeg dieselfde as die prys van die bottel en haar (gedreineerde) inhoud. Dit beteken dat Coke op hierdie oomblik per liter dieselfde kos as petrol, wat om die beurt daarop dui dat daar verskeie Cokedrinkers is wat wederregtelik oor die petrolprys neul.

Skandalig…

This entry was posted in Sommer and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>