Middernag

Vandag was Nasionale Vrouedag. Alhoewel nie so gewild soos Nasionale Dastrekdag nie, het dit my tog die geleentheid gegee om baie kitaar te oefen. Ek sou saam met Ruzelda in Serruria se sitkamer aan Joe Satriani se Midnight geskaaf het, maar sy moes kop uittrek weens omstandighede buite haar beheer. (As jy 'n wrok teen eiename koester, vra ek nederig om verskoning vir die vorige sin.) Weens hierdie skielike gebrek aan aktiwiteit het ek oorgenoeg tyd gehad om Midnight perfek te leer speel in die afsondering van my kamer – en met perfek bedoel ek dat dit presies klink soos sy uwe Satriani dit op die onderstaande video speel…

This entry was posted in Musiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>