Kniediep in (giet)erwater ge(DOM)pel

Op Stellenbosch reën dit vandag katte en honde. (En weetbix. En simbale.  En anvils en yskaste en cokebottels.) Braaf soos wat ek is, het ek egter opgestaan, deur die gietende reën na my klas gekruip en 'n skamele vyf minute laat by die fakulteit opgedaag. Nét mooi betyds om te hoor dat my tutoriaalklas afgestel is. Francelle (wie ek oppad soontoe saamgenooi het klas toe) het toe maar vir ons pannekoek in die Neelsie gaan koop en my meegedeel presies hoe dom die manlike geslag nou eintlik is. (Persoonlik dink ek dom mense is nie beperk tot 'n spesifieke geslag nie – John Edward en Marietta Theunissen is sprekende voorbeelde hiervan.)

Dis snaaks hoe nat weer 'n mens dinge laat onthou. Ek dink nou aan my, Yvette, Karl en Celia se uitstappie na St. Angelo’s – 'n klein pizzaria naby die Eikestad Mall. Hiertydens het die kelner ons meegedeel dat ons nie meer klein pizza’s kan bestel nie, aangesien hulle “out of smalls” is. Toe ek hom vra of hulle braaipanne dan gekraak is, het hy my net leeg aangekyk en herhaal: “Sorry sir, we’re out of small pizza’s.” As die deeg op was, kon ek hom nog glo. Maar “we’re out of smalls”?

Dom mense is orals. Soms gaan hulle kerk toe, soms sit hulle in die parlement. Soms dring hulle selfs daarop aan dat hulle ateiste is, en wil hulle filosofies daaroor met jou argumenteer. (In welke geval hulle gewoonlik nié filosofiestudente is nie.) Soms bl0g hulle.

Ek voel ek moet hierdie een afsluit met 'n stomp paragraaf…

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>