‘n Selftevrete(sic) geneul

As ek na die doelstellings van 'n paar van vanjaar se SR-Kandidate kyk, wonder ek of ek nie eerder self moes gestaan het nie. Want as dié kort brokkies teks hoegenaamd 'n aanduiding gee van die soort diensleweraars waaruit studente vanjaar kan kies, is ons in die sop. Ek gaan niemand se name noem nie – dit sal immers net ongeskik, arrogant en selftevrete(sic) van my wees. Wel, amper niemand se name nie. 'n Fragment uit Piet le Roux se doelstelling lui:

“Ek staan vir 'n inklusiewe Afrikaanse universiteit met effektiewe meganismes om nie-Afrikaanse studente te ondersteun. Studente moet kan kies of hul hulself in Afrikaans of Engels wil uitdruk.”

crate_amp.jpgOulik. Maar wat om hemelsnaam het dit met enigiets uit te waai? Ek staan vir vrye, rasionele denke en roekelose kitaarspel. Gaan die universiteit skielik, naas elke netwerkpunt op kampus, vir my kitaar-amps installeer waar ek gerieflikheidshalwe my kitaar kan inplug en net begin jam? Dalk met duur plasmascreens waarop die werke van Immanuel Kant en Anton Van Niekerk met kleurryke vloeidiagramme verduidelik word? Nee, hulle gaan nie. Net so gaan die verkiesing van Piet le Roux ook nie skielik die kampus 'n Afrikaanse paradys hou nie.

‘n Ander kandidaat noem dat sy in haarself en in “haar Skepper” glo. Dat sy hiermee elke fundamentalistiese Christen (en daarmee saam sommer die helfte van die res ook) op die hals gaan haal om vir haar te stem, is gewis. Hoe eties is dit egter om op mense se diepste behoeftes in te speel om stemme te werf? En wat maak dit saak of sy in Christus glo of nie?

Gaan lees 'n bietjie die res van die kandidate se doelstellings. Baie is, om dit die mooiste te stel, hogwash. Dit klink oulik, maar beteken nie veel meer as spookasem in 'n igloe nie. (Daar is natuurlik 'n paar uitsonderinge, wie se name ek ook nie gaan noem nie. Ironies genoeg is Piet le Roux een van hulle.) Wees dus versigtig om sommer net vir iemand te stem op grond van 'n verkorte teksfragment – woon die sirkusse by en maak seker jy weet wie (en wat) jy kies.

This entry was posted in Matieland and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>