Prim en P(r)opper

Helshoogte het vanmiddag primsirkus gehou en ek het gestaan. As grapkandidaat. Ek en Henno het 'n hele bemarkingsveldtog vir my geloods met plakkate, slagspreuke en RealPopUp netwerkboodskappe. Tydens die sirkus (in die eetsaal) het ek 'n entrance gemaak, my donkerbril reggeskuif en losgebrand op die koshuis met 'n rasende elektriese kitaarsolo, wat dan ook as my beleidsverklaring gedien het. (Ons het 'n ekstra speaker aan my amp verbind vir optimale geraasvlakke. En het ek geraas…) Die res van die sirkus was pret – terwyl die ander twee (baie kapabale) kandidate gesweet en strategiese antwoorde probeer formuleer het, het ek rustig op 'n stoel gesit en die mees lukrake repliek moontlik op die koshuis se vrae verskaf. (Die toekomstige onderprimarius sal byvoorbeeld in my yskas woon en lewe op Klippies en Cola.) Inwoners stem op hierdie oomblik aanlyn op die koshuis se webblad. Die nuwe primarius se naam word binnekort bekendgemaak; ek het egter 'n vreemde vermoede dat dit nie ek sal wees nie…

prim_klein.jpg

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>