Das Bemarxing

bush-red.jpgMirakels gebeur nog – ek het vanoggend vroeg opgestaan en 'n rooi das gaan koop om na my huisdans te dra. (As jy Karl Marx is, lees: die das het my siel gekoop.) Yvette is saam – sy is die enigste persoon in die heelal wat die korrekte skakering van my date se rok ken. (Sy’s toevallig ook die date.)

Omdat ek siek is, het sy 'n banksakkie vol pers verkouepilletjies in my hand gestop voordat sy weer klas toe is. “Twee elke vier uur,” het sy my beveel. “Maar net as jy geëet het, anders begin jy bewe.” Ek het teruggedink aan die keer in my tweedejaar toe my kar gesteel was en ek een Sondag met my elektriese kitaar en amp na Studentekerk moes loop. 'n Red Bull-karretjie het in Victoriastraat langs my afgetrek en my 'n blikkie in die hand gestop – wat ek toe gedrink het. Kort daarna het my hande begin bewe en was dit nogal moeilik om kitaar te speel… (As jy omgee: Red Bull kom van Austria af, volgens 'n uitruilstudent saam met wie ek onlangs 'n taak gedoen het.)

So nou lê die pilletjies langs die rooi das op my lessenaar en kyk vir my…

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>