In my matriekjaar het ek Naspers se nasionale prys vir “beste rubriek in 'n skoolkoerant” gewen. My Engelse juffrou het van my skryfwerk agter my rug ingestuur – toe ek weer my oë uitvee, was ek bo-op 'n baie hoë gebou in Kaapstad, kliphard besig om vingeretes te verorber. Nou, na amper drie jaar se onthouding van rubrieke neerpen, is ek 'n gereelde r
ubriekskrywer en meerdoelige medewerker van Die Matie. Soos destyds is ek verantwoordelik vir Stultus – ‘n tweeweeklikse [*edit* - elke tweede uitgawe] rubriek waarin ek kwytraak net wat ek wil. (Ek weier volstrek om vryheid van die pers 'n blou oog toe te dien. Ooit.)
Eg tegnokraties het ek besluit om elke aflewering op hierdie bl0g te post, wat dan ook die rede vir hierdie inskrywing is. As jy graag wil lees waaroor ek elke tweede week teem, maar nie lus is om in 'n 16 bladsy .pdf rond te krap nie, is jy baie welkom om die bostaande Stultus-button met jou mousepointer te bespring. Vertel jou ma daarvan, print dit uit en slaap daarmee onder jou kopkussing.