Monthly Archives: September 2006

‘peupel jou hier, ‘peupel jou daar…

Is jy talentvol? Is jy gemotiveerd? Smag jy na die glanslewe van rocksterre, die lywe van supermodelle en die vernuf van die Pous se toespraakskrywers? Droom jy soms dat Suid-Koreaanse suiwelfabrieke na die mos in jou koffiebeker se boom vernoem word? Post dan 'n idee vir die volgende Stultus© as kommentaar op hierdie entry. Dis [...]

Posted in Matieland | Tagged , | 2 Comments

Swanesang van ‘n flonkerende inkVis

Hopelik dra die linkerkantse resensie (click om te vergroot) by tot die huidige afwesigheid van diskoers oor Swanesang. Ek het 'n voorgevoel dat party mense die josie in gaan wees oor my verwysings na Jesus en die skeppingsverhaal, maar dis nou maar een maal hoe tonge na kieste pilgrimeer en fonemiese parafrases hulleself bekeer. Dalk [...]

Posted in Musiek | Tagged , , | 4 Comments

Die dood van Gertjie

Iemand het eendag vir my die volgende grappie vertel: “Wat is groen en rol in die vuur? Gertjie die brandweerertjie!” Ek het dit nog nooit besonder snaaks gevind nie, tot nou… Etenstye by universiteitskoshuise is korter op vakansiedae. Ek het effens daarvan vergeet en moes vandag by die Neelsie gaan kos koop. Vet pret. Naas 'n [...]

Posted in Taal | Tagged , , , , | 8 Comments

Reklamesang en ander sporadiese gedagtes

Ek sit voor my rekenaar en werk aan 'n opstel vir Afrikaans en Nederlands. Swanesang, Fokofpolisiekar se nuutste album, speel rustig op repeat terwyl ek advertensies van 1959 met hedendaagse reklame vergelyk. (Koop gerus die album. Ek het te veel werk en te min tyd om 'n hele resensie hier kwyt te raak, maar weet [...]

Posted in Matieland | 6 Comments

To Err(o) is human…

Ek het gistermiddag saam met Ruzelda tussen Franschoek se wynplase rondgery, op soek na 'n venue vir haar 21st. (Sy’s 'n legendariese bestuurder.) Albei van ons hou daarvan om mense te groet en het dus die geleentheid aangegryp om onsself aan verskeie argelose padgangers bekend te stel. Tussendeur die sporadiese gewuif en uitgelate “erro’s” het [...]

Posted in Sommer | Tagged , | 8 Comments