Ek het gistermiddag saam met Ruzelda tussen Franschoek se wynplase rondgery, op soek na 'n venue vir haar 21st. (Sy’s 'n legendariese bestuurder.) Albei van ons hou daarvan om mense te groet en het dus die geleentheid aangegryp om onsself aan verskeie argelose padgangers bekend te stel. Tussendeur die sporadiese gewuif en uitgelate “erro’s” het 'n besef skielik op my neergedaal. Ek het nie die wit mense gegroet nie.
Wat my laat wonder – is ek 'n rassis?