Reklamesang en ander sporadiese gedagtes
Ek sit voor my rekenaar en werk aan ‘n opstel vir Afrikaans en Nederlands. Swanesang, Fokofpolisiekar se nuutste album, speel rustig op repeat terwyl ek advertensies van 1959 met hedendaagse reklame vergelyk. (Koop gerus die album. Ek het te veel werk en te min tyd om ‘n hele resensie hier kwyt te raak, maar weet dit – Jesus m0sh saam teen die establishment wanneer Hy daarna luister.)
My pa (‘n predikant) het vandag van ‘n bus afgeval terwyl hy goed van die dak probeer aflaai het. Hy’t beide sy enkels gebreek en iets in sy rug beseer. Op hierdie oomblik is hy iewers in Zimbabwe, waarna hy terug Suid-Afrika toe vlieg om geopereer te word. (Hy was oppad Malawi toe om ‘n uitreikaksie te lei.) Dokters meen dat hy volledig sal herstel. Ek mis hom.
As my koshuiskamer nader aan die grond was, het ek dalk die geharwar van krieke beleef. Ek het gisteraand te veel jogurt geëet en effens naar gevoel. Serruria het ‘n banier in ons eetsaal geverf om die nuwe Jooltema uit te beeld. Sheila Cussons was vir ‘n paar uur my held – sy’t destyds ‘n digbundel getiteld “Die woedende brood” geskryf. Daar lê krummels op my lessenaar.


Ek het jou skakel gevolg na Serruria se webwerf…Lyk my nie daar is veel aan hierdie deugsame dames nie. Dit herinner my aan my vriendin Anna Morf. Daar is ook nie veel aan haar nie.
Reply
Hello Johan,
Like jou blogs.Baie interessant
Groete
Werner
Reply
Ek het ook die skakel na Serruria se webwerf gevolg, en gevind dat ek teleurstellende gevoelens ervaar. Ai… Ten minste verskaf Ruzelda se vriendin Anna Morf, ons dikwels met ‘n stukkie humor. Die website is nie humoristies nie.
N.S. Ek hou ook van Sheila Cussons, omdat sy kan onthou watter slaapklere sy gedra het op 15 maande.
Reply
Sheila Cussons het nie net onthou dat sy slaapklere op 15 maande gedra nie maar sy het eintlik nooit ‘n hemp as slaapklere gedra nie, weet jy. Sy het inderdaad veel gemeen het Anna Morf aangesien sy ‘n amorf kreatuur geskep het, hoewel sy nie so goed sy voorkoms kan onthou nie. Dit het wel haar sussie baie bang gemaak, jy weet.
Reply
Goeie een, jy weet. Sy het ook ‘n manuskrip geskryf wat op een of ander bo-natuurlike manier weggeraak het…Dalk was dit ook amorf.
Reply
Ek is nou besig om bietjie navorsing oor Sheila Cussons te doen toe ek op jou Blog afkom. Dis baie fassinerend; het my aandag onmiddelik getrek. Ek is nou so besig om jou blogs te lees, ek het alweer skoon vergeet wat die eintlike rede is hoekom ek op die internet doenig is.
Lekker dag Johan!
Reply