Die dood van Gertjie

Iemand het eendag vir my die volgende grappie vertel: “Wat is groen en rol in die vuur? Gertjie die brandweerertjie!” Ek het dit nog nooit besonder snaaks gevind nie, tot nou…

Etenstye by universiteitskoshuise is korter op vakansiedae. Ek het effens daarvan vergeet en moes vandag by die Neelsie gaan kos koop. Vet pret. Naas 'n gedoente wat soos 'n verbrande toebroodjie gelyk het, het ek 'n pizzaskyf aangeskaf, met die bedoeling om dit in Die Matie se kantoor te gaan verorber. Annelie het my gister gebel en gevra of ek 'n resensie oor Fokofpolisiekar se nuwe album sal skryf; ek het ingewillig en dit gisteraand in 'n waas gekraam. (Dit verskyn eersdaags in ons alombeminde studentekoerant.) Oudergewoonte het ek nie 'n kop vir my skryfwerk verskaf nie en moes ons vanmiddag een uitdink.

die-brood-en-die-ertjie.jpgEk het lustig aan die pizzaskyf begin peusel en toe opgelet dat daar 'n ertjie in is. Ja – 'n ertjie. Dit was 'n Hawaiian pizza, so daar moes nie 'n ertjie op wees nie. Meer so – dit was 'n pizza, so daar moes nie 'n ertjie op wees nie. Ek het gedink dis 'n magiese ertjie wat my gaan help om al my take betyds klaar te kry en dit toe maar geëet.

Dit het nie gewerk nie. So miskien is ek nou verantwoordelik vir die dood van Gertjie die brandweerertjie en al daai mense in die Huisgenoot wat spontaan ontvlam.

This entry was posted in Taal and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>