Hopelik dra die linkerkantse resensie (click om te vergroot) by tot die huidige afwesigheid van diskoers oor Swanesang. Ek het 'n voorgevoel dat party mense die josie in gaan wees oor my verwysings na Jesus en die skeppingsverhaal, maar dis nou maar een maal hoe tonge na kieste pilgrimeer en fonemiese parafrases hulleself bekeer. Dalk is daar oor twee weke 'n paar interessante bydraes in die briewekolom.
(Ek het vandag 'n pizzaskyf gekoop, maar daar was nie 'n ertjie in nie.)
(Die Matie, 27 September 2006)