Kinderstorie #3 (Vreemdelinge in kettingwinkels)

“Ekskuus tog?”

Ek rék om ‘n kartonbakkie vol jumbo-sized eiers by te kom en laai dit in my mandjie. Weer:

“Ekskuus tog?!”

Agter my staan ‘n meisie met swart hare. “Watter een,” vra sy digby my en druk twee identiese bottels frambooskonfyt in my gesig, “is die beste?” Ek draai my kop, vergeet om na haar gesig te kyk en vra haar om die bottels om te draai sodat ek die fynskrif kan lees. Na ‘n volle minuut se gemymer sê ek selfvoldaan:

“Hmm…dié een.”

“Dankie,” sê sy en huppel weg.

Post to Twitter

6 Responses to “Kinderstorie #3 (Vreemdelinge in kettingwinkels)”

  1. Waarop het jy jou besluit gebaseer?

    Reply

  2. Dis jammer mens kan net tot op ‘n sekere ouderdom huppel… dalk moet ek weer later vandag probeer huppel.

    Reply

  3. Daar’s ‘n ouderdomsbeperking!? Ek huppel gereeld by die gang af op pad na die kantoor (of weg van die kantoor af?)…wat kan ek sê, dis ‘n lang gang… ;-)

    Reply

  4. Oooh…daar gee ek myself weg – besig om te werk aan ‘n wordpress profile…sheize…

    Reply

  5. Jy het vergeet om ‘n quote van Cicero by jou storie te plaas.

    Reply

  6. oulikste pickupline wat ek in ‘n lang tyd gehoor het
    jammer jyt dit ball (of is dit die bottel) laat val

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled