(met apologie aan Nelson Mandela.)
en hier
ja dames en here
net hier
op hierdie einste rotsblok
het eerwaarde Nelson sy hoof neergelê
hier tussen webvliese en kapklippe
en stof het hy gedroom
en hier dames en here
net hier
neffens die bed langs die muur
het hy oor die Vryheid deur sy tralies
getuur en
hier is die toonbank en
die assistent wat in sy neus
krap en hier kan julle betaal
en hier kan julle
‘n hoedjie met sy gesig koop
en die besoekersboek teken en
die boot beman
en fokof.
© Johan Swarts 2006