Ek weet ek het belowe om nie te bl0g voor al my werk klaar is nie, maar…
‘n Paar uur gelede het ek baie gatvol geraak vir Mary Daly se The Church and the Second Sex, waaroor ek 'n kritiese bespreking van agt bladsye moet saamflans. Smagtend na ontspanning het ek by Karl (wat 'n vloer bo my woon) gaan aanklop. Karl speel viool. Ek het sy strykstok geleen en daarmee op een van my kitare begin rondspeel, totdat ek Jaws se temamusiek onder die knie gehad het. Gevolglik het ek in die koshuis rondgesluip en dawerende uitvoerings (van dit wat ek graag “hier-kom-die-haai” noem) voor die kamerdeure van verskeie kussingversmoorders gelewer.