Vanoggend was die heel laaste keer wat Phumla my akademiese loopbaan gered het. Sedert 2004 tik sy gereeld aan my kamerdeur en vra: “skoonmaak?” (Dis een van die min Afrikaanse begrippe wat sy ken.) Ek slaap normaalweg wanneer sy kom aanklop – vanoggend het sy my weer verwekker en kon ek my opstel oor The Church and the Second Sex in 'n skoon kamer klaarskryf.
Phumla ondersteun haar hele familie. (Haar man is op welfare.) 'n Paar maande gelede het sy geval en moes sy met 'n ysterpen in haar regterbeen rondloop. Kort daarna is haar pa dood. My kamer het skoongebly. Deur al die jare se vieslike gemors, wat net 'n klomp dronk studente kan genereer, het sy die koshuis se derde vloer aan die kant gehou. Nou gaan sy Heemstede toe.
Ek weet jy gaan dit nooit lees nie, Phumla. Maar jy’s my held.