“Molo bhuti”
Vanoggend was die heel laaste keer wat Phumla my akademiese loopbaan gered het. Sedert 2004 tik sy gereeld aan my kamerdeur en vra: “skoonmaak?” (Dis een van die min Afrikaanse begrippe wat sy ken.) Ek slaap normaalweg wanneer sy kom aanklop – vanoggend het sy my weer verwekker en kon ek my opstel oor The Church and the Second Sex in ‘n skoon kamer klaarskryf.
Phumla ondersteun haar hele familie. (Haar man is op welfare.) ‘n Paar maande gelede het sy geval en moes sy met ‘n ysterpen in haar regterbeen rondloop. Kort daarna is haar pa dood. My kamer het skoongebly. Deur al die jare se vieslike gemors, wat net ‘n klomp dronk studente kan genereer, het sy die koshuis se derde vloer aan die kant gehou. Nou gaan sy Heemstede toe.
Ek weet jy gaan dit nooit lees nie, Phumla. Maar jy’s my held.


Het jy e-pos?
Reply
inderdaad. 14389290@sun.ac.za
Reply
Dis sulke mense wat ek die sout van die aarde noem. Sonder hulle is die lewe net minder georden (iets wat ons aan die ontvang-kant dalk as vanselfsprekend aanvaar) Jy sou ‘n mooi e-pos na iemand in administrasie kon stuur en “getuig” van haar goeie werk. Ek is seker daar is iemand wat kennis neem van goeie werk wat mense doen
Reply
Goeie idee…
Reply
Magtig! Vra vir Phumla of sy vir Thembisa ken! My redder! Ongelukkig ken sy ook net een afrikaanse begrip “skoonmaak?” en praat ‘n vreemde mengsel van xhosa, afrikaans, engels.
Daar is een woord/begrip/geluid wat sy vir alles gebruik …. “netisy” of so iets. Ek dink dit mag dalk iets soos “lekker” of “ditsem” beteken. Ons gesprekke bestaan uit daai woord.
Ah sy is ‘n wenner en mag my nooit verlaat nie.
Reply
+ nege robyne op haar kroon… Haar skoon gekraakte kroon
Reply
Ai, lyk my ANGLO het iets teen ons. Want ons lewensredder Monica is ook weg gevat. Sy kon darm ‘n bietjie afrikaans praat, maar het na “hy” as “sy” verwys.
“jou kamermaat, sy maak baie vuil…skoonmaak?”
Monica is verplaas na Serruria, en sodoende het ons ‘n nuwe een gekry, maar die ene koes so weg as mens vir haar waai.
Reply
jammer, dis BERCO nie meer ANGLO nie
Reply
Ja Phumla is n ledgend en n redder van menigte male
Sal Beauty kan opleef en haar skoen vul?
Oja Johan los Berco se skoonmaak equpment uit……jy weet wat laas gebeur het…..
Reply