Nostalgie in ‘n neutedop
Reënweer laat my dinge onthou. Op pad klas toe vanoggend loop ‘n blinde meisie en haar gidshond verby my. Kaalvoet. Ek het my sambreel stywer vasgeknyp en aan die keer gedink toe ek oor die Rooiplein geloop het en twee blinde mense (ook met gidshonde) netjies verby mekaar gestap het. Hulle was salig onbewus van mekaar se teenwoordigheid en dit was vir my die oulikste ding in die wêreld.
Na die (effens vervelige) klas het ek saam met Marna, Mari en Walter in die Neelsie gaan eet. Walter het skielik onthou dat ek in ons eerstejaar saam met ‘n paar van sy vriendinne gesit het en ek vir hulle vertel het: “kyk deur jou vurk, dan lyk dit asof jy in die tronk is.” Ek het om die beurt onthou van die verskeie kere wat ons waterstofsulfied op sy tas gegooi het, hom met ‘n brandblusser gespuit het en sy das om ‘n kaktus gebind het.
(Die voordeel van ‘n onverwagse reënbui is dat dit jou kar skielik baie skoon laat lyk.)


Wow!! Val ek nou van my gebreekte stoel af toe ek daai einde beleef.. Omtrent soos ‘n donderstorm direk na ‘n helder sonopkoms..
Slim, Gormen, baie slim…
Die begin was “oulik” en half onakademies maar jy bewys weer jouself in die einde…
Puik gedaan!!
Reply
Ek kan gewoonlik net my motor sien as dit gereen het so moenie sleg voel nie
Reply
op pad is twee woorde.
Reply
inderdaad.
wil jy my proefleser wees? ek betaal in emfatiese neweskikkings.
Reply
hah, nee.
Sien jyt dit verander! hehe. Dit is net die spelfout wat ek die meeste haat, almal kry dit verkeerd. Ek onthou ons afrikaanse juffrou het altyd gese: “sien ‘n denkbeeldige pad tussen die twee woorde…. OP | | PAD”.
Lol, maar anyway, toe stry ek met mense die jaar daaroor, toe email ek ‘n afrikaanse prof en vra ha wat skut, toe se sy dis 2 woorde.
Reply
Gebruik onderweg – dis een woord en niemand is onseker daaroor nie.
Reply