“Kan jy jou idee van normaal by jou…”

Ek tik hierdie inskrywing terwyl ek muesli en aarbeijogurt uit ‘n bierglas eet. Daar is ‘n handdoek om my lyf en El Tango De Roxanne (uit Moulin Rouge) blaas die ongejelde hare op my kop rond soos ‘n lappop in ‘n windtonnel. Fokofpolisiekar se Kaapstadse CD-launch is vanaand om 21:00 in Mercury Live – ek en Melanie gaan binnekort soos besetenes in kort rompies rondm0sh en nikotiendampe inasem. (Goed, ek mag dalk nie ‘n kort rompie dra nie. Maar ek gaan m0sh.) Die skryf van resensies het soms ‘n vreemde manier om skrywers van VIP-kaartjies te verskaf…

(Die Universiteit gaan vir Bill Gates ‘n eredoktorsgraad gee…)

Post to Twitter

6 Responses to ““Kan jy jou idee van normaal by jou…””

  1. Om watter rede, dink jy, wil die US aan Gates ‘n eredoktorsgraag gee (let op, Johan, dis met ‘n ‘o’ nie ‘n ‘e’ nie)

    Reply

  2. Dink julle Gates gaan die graad kom haal? (Let op, Appel, dis met ‘n “d” nie ‘n “g” nie).

    Reply

  3. Dink net hoe cool sal dit wees om ‘n kwytraak met hom te hê!? Alhoewel ek persoonlik eerder vir Steve Jobs sou interview…

    Reply

  4. Dankie vir die link ou mater….hoop jy het die konsert geniet…wys ons tog ‘n foto van jou rompie :)

    Werner

    Reply

  5. hoekom sal dit nie moontlik wees om ‘n interview te he nie? ek reken dis heel possible.

    Reply

  6. Ek het nooit gesê dit sal nie moontlik wees nie…laat ek rephrase: Dink net hoe cool dit gaan wees wanneer ons ‘n kwytraak met hom doen!? ;-)

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled