Monthly Archives: November 2006

In Retrospect (Gee terug my flits)

Ek het vanmiddag op 'n sigkopie van my heel eerste Stultus© afgekom, geskryf toe ek 'n jeugdige 16 jaar oud was. Dis in my hoërskool se koerantjie gepubliseer, waar ek, Mai-Li en die legendariese Juffrou Emery (wat ons gedwing het om Shakespeare te lees) redakteur gespeel het. Saam het ons meer kere stokkies gedraai om [...]

Posted in Self | Tagged , , | 1 Comment

Verligting

Kazakstan se nasionale sport is boks. Myns insiens sal hulle veel meer internasionale aandag en buitelandse beleggings trek as dit verander word na dastrek. Stem jy saam? Lig vandag nog jou stem in die volgende opspraakwekkende meningspeiling(tm).

Posted in Sommer | 11 Comments

O (trou)koek…

“De prijs voor die Franse steun was een huwelijk tussen Philips Willem en een Franse prinses, Eléonore de Bourbon. Aangezien Philips Willem aarzelde met het inlossen van zijn trouwbelofte, maakte Chesnaye hem enige tijd het leven zuur. In 1606 trouwde Philips Willem en nu kon hij ook een nieuwe gouvemeur benoemen, Grysperre, en de rechten [...]

Posted in Sommer | Leave a comment

Pous/modern

Hierdie website gee my vlinders in die maag.  (Of motte, as jy nog op laerskool is en in die grond rondkrap.) Lyk dit nie besonder onheilspellend nie? So asof tyd 'n paar dekades vorentoe gedraai het en almal 'n persoonlike slaaf kan koop… Die pous besoek Turkye vandag in 'n glaskas. Pallo Jordan is gelukkig [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 1 Comment

Willem Wildbroek vir president

Terwyl ek wag vir die gradeplegtigheid en die Helshoogte-Serruria jooltoer, hou ek myself besig met vakansiewerk by die DTNA-projek. Dit behels die proeflees van etlike geskandeerde Nederlandse argieftekste, ten einde hulle ellelange geskiedenis aanlyn te kry. (Nederlandse tiksters is glo vrek duur, so hulle gebruik Suid-Afrikaanse studente.) Ek het die mense by die Afrikaanse tak [...]

Posted in Sommer | Tagged , | 3 Comments