
My hare is te lank. Ek het dit gisteraand agtergekom toe Wessel foto’s van my en Naretha in 'n MFM-studio geneem het, waar ons opnames gaan maak het vir volgende jaar se venstersklankbaan. Emo verby. Skêr, enigiemand?
Gepraat van opnames – ek het 'n liedjie vir Werner Muller se tweede album geskryf. Hy gaan groot gaan daarmee en my vroeg laat aftree met die royalties. Ek weet dit sommer.
Volgens 'n vorige meningspeiling raak 40% van hierdie blog se lesers emosioneel oor Annelie van Rooyen.