Soms droom 'n mens dat jy saam met jou ouma en oupa op 'n lughawe buite Kaapstad staan. Hulle het, soos wetenskaplikes, 'n monster uit hulle destydse troukoek kom sny. (Net om te proe of dit nog eetbaar is. 'n Mens moet proe of dit nog eetbaar is.) Tydens so 'n droom is die kanse goed dat jy 'n baie ou tannie met 'n kitaar sal ontmoet, wat dink dat sy Bryan Adams is en jillend: “Back in the summer of SIXTY-NINETY-FIVE” bulk. Jy sal wonder wie haar leer tel het, wakker skrik en om geen spesifieke rede nie 'n foto van jouself op jou eie blog post, besig om met die Serruria-Helshoogte venstersklankbaan voor Henno se rekenaar te peuter:
