Willem Wildbroek vir president

Terwyl ek wag vir die gradeplegtigheid en die Helshoogte-Serruria jooltoer, hou ek myself besig met vakansiewerk by die DTNA-projek. Dit behels die proeflees van etlike geskandeerde Nederlandse argieftekste, ten einde hulle ellelange geskiedenis aanlyn te kry. (Nederlandse tiksters is glo vrek duur, so hulle gebruik Suid-Afrikaanse studente.) Ek het die mense by die Afrikaanse tak oortuig dat ek geeky genoeg is, so nou help ek hulle ook met die oorskakeling van rou data na XML.

Die voordeel van vervelige argiefmateriaal lees is dat jy op verskeie kostelike name en gebeure afkom. Ek speel op die oomblik met die idee om 'n toneelstuk met ene Willem Wildbroek as hoofkarakter te skryf. Die motoriese moment sal natuurlik sy “verzoek van de regeerders van Zichem om bomen te mogen kappen in het bos” wees.

(Die ou in die foto se naam is Baruch Spinoza. Jy hoef nie te weet wie hy is nie, maar mense het destyds dinge oor sy belasting geskryf wat nagenoeg lyk soos die woorde waarmee ek nou werk. Check daai stralekrans…)

This entry was posted in Sommer and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>