Verligting
Kazakstan se nasionale sport is boks. Myns insiens sal hulle veel meer internasionale aandag en buitelandse beleggings trek as dit verander word na dastrek. Stem jy saam? Lig vandag nog jou stem in die volgende opspraakwekkende meningspeiling(tm).


hoekom is daar nie ‘n “nee – dit kan eerder gewysig word na rekspronge saam met geroeste koolkoppe”-opsie in jou meningspeiling nie?!
Reply
voorwaar ‘n geldige opmerking. emenderings en dankbetuigings is in die pyplyn.
Reply
Is “dastrek” ‘n eufemisme vir iets anders? Indien wel, is my antwoord ‘n defnitiewe JA.
Reply
Sonder twyfel is hierdie ‘n nuwe hoogtepunt in doellose gesprekvoering. Ek verwonder my eindeloos aan al die ongelooflik interessanthede wat julle almal hier kan kwytraak. Dis hoekom ek feitlik elke dag hierheen kom en jou naam nou selfs op my Blogroll gesit het. Hierdie is baie lekker vermaak.
Jy is die Koning van lighartigheid Johan….
Reply
seker amper dieselfde as Koning van lafhartigheid, of hoe?
Reply
A nee a. Ons spot nie so met die land se kabinet nie.
Reply
pienk zuit, jy weet natuurlik waar dit vandaan kom dat mans dasse dra, né?
haai, is jou blog regtig nommer 5 in suid afrika? plaas asb jou handtekening vir jou fêns.
Reply
hierdie is sommer ‘n proeflopie om te kyk of daar ‘n kiekie nefens my naam verskyn.Dankie dat ek jou mag gebruik, meneer Swarts.
Reply
toets 1,2
Reply
Ek dink mnr Swarts sal maar te bly wees as jy hom wil gebruik ruzelda…
Mooi foto by the way!
Reply
Sy weet sy mag my maar na hartelus gebruik, mits dit sedelik en binne die kerklike riglyne gedy. My sondagskooltannie sê ook so.
Reply