Monthly Archives: December 2006

So gepraat van publieke badkamers

(Bogenoemde foto deur Appel.) In 'n poging om voor te berei vir die hordes smse wat my vanaand gaan bespring, het ek 'n bietjie springcleaning met my inbox gedoen. Hier is van die boodskappe wat ek die afgelope paar maande ontvang het: Wat is “random in afrikaans? (Etienne) Julle fokken raas!! (Sam) hi, mY 1hOuR/1WoMaN [...]

Posted in Sommer | Tagged | 4 Comments

Wanneer die bome die bos miskyk

‘n Man is vanoggend tereggestel vir sy verskeie gruweldade teenoor die mensdom. Hy het 'n land in die midde-Ooste binnegeval, etlike onskuldige lepels in 'n politieke plafon gesteek en die fanatiese ondersteuning van verskeie konserwatiewe ooms geniet. Die man het gesterf in 'n snyerspak. Hy had 'n voorliefde vir toesprake, twee kinders en grys hare. [...]

Posted in Mymering | Tagged , | Leave a comment

Ontfutseling

Nog een glimlaggende foto van Oprah Winfrey op die voorblad van O, dan koop ek 'n wetsuit, swem oorsee en steel al die gratis geskenke onder die neuse (en stoele) van haar niksvermoedende ateljeegehoor uit. Niemand sal dit verwag nie. Die uitstappie sal gepaard gaan met diëgetiese musiek à la Mission Impossible, nougesette replikas van [...]

Posted in Mymering | Tagged | 5 Comments

Die wonder van wurms

Weens 'n wurm (die digitale soort) het ek gister my hardeskyf geformateer. Dis besig om 'n jaarlikse ritueel vir my te raak – rugsteun, formateer à la NTFS, kopiëer alles terug en staar in verwondering na al die leggers wat oor die bestek van 'n jaar op my hardeskyf geakkumuleer het. (Afrikaanse rekenaarterme is nié [...]

Posted in Self | Tagged , , | 1 Comment

I hate the way you move

I hate the way you move

Ek is trots daarop om 'n Suid-Afrikaner te wees, maar daar is soms dinge wat maak dat ek eerder my kop in die grond wil steek. Uit skaamte. (En ek praat nie hier van Egoli nie.) Iets wat my nou al vir 'n geruime tydjie irriteer, is die Vodacom meerkat. (Die een wat striptease en [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , | 8 Comments