Bond. Jurie Bond.

James Bond is soos Jurie Els – altwee is ‘n formule. In die aksieman se geval is dit karre met al wat ‘n lewensreddende deus ex machina is, skraps geklede verhooggrimering en vernuftige kwinkslae. (En dinge wat ontplof. Daar is altyd dinge wat ontplof.) Ek was dus aangenaam verras toe ek gisteraand in ‘n filmteater by CapeGate stelselmatig kon agterkom dat Martin Campbell (regisseur) met die formule gepeuter het. Benewens die avant-garde opening sequence (‘n CGI kaartmotief wat lyk asof dit met onvoltooide cell shading gemanipuleer is) is my gunsteling toneel een waar Bond ‘n kelner, op die vraag of hy sy martini shaken of stirred wil hê, antwoord:
“Do I look like I give a damn?”
Ook is die finale toneel nie ‘n gesensorde kafoefel agter duur linne teen ‘n sonsondergang nie, maar ‘n sikliese afsluiting, met ‘n skobbejak wat (soos in die begin se tradisionele gun barrel scene) in Bond se geweerloop staar. Om alles te kroon het die vroulike hoofkarakter ‘n brein. Die hele film is een groot intertekstuele middelvinger in die algemene rigting van vorige weergawes – wat dit besonder prettig maak om te kyk. Jy weet voor jou siel wat volgende gaan gebeur (want dis ‘n formule) en juis daarom is Campbell se sublieme gepeuter die moeite werd.
Dit blyk dat niemand ten gunste van dastrek is nie. Hoekom luister mense na Jurie Els? Lig jou stem.


Daardie kiekie van Jurie maak my sommer baie opgewonde. Dit lyk of hy enige oomblik gaan begin appelswaai en terselfdetyd klakkelose soetlikhede in ‘n fluisterstem uiter.
[ /me jodel van opgewondenheid ]
Reply
Vir my maak dit weer gelukkig omdat dit impliseer dat ‘n koeël enige oomblik daai einste glimlag van sy gesig gaan afvee…
Reply
Sulke verruklike blou oë…
Reply
as jy die boet so deur die loop van die geweer bekyk, neem ek aan jy wil hom skiet. wat dit ook al beteken.
Reply
wat van my blou oë, johan?
Reply
as hulle cathode ray tubes was, het hulle genoeg elektrone geskiet om 255 blou pixels vir elke rooi en / of groen pixel op ‘n elektronsensitiewe fosforlaag te render.
Reply