“Subliem”

Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!

Appels is vrugte. Hulle is lekker om aan te peusel saam met netwerkkabels en selfone, maar kneus ten tye van die armageddon en soortgelyke sakdoektye. Partymaal pur hulle. Wanneer ‘n mens appels vir goudvissies voer, gaan hulle na ‘n beter plek en moet jy die visbak skrop. Die verskil tussen ‘n appel is ‘n piesang, want as dit in ‘n ry gepak word, lyk dit soos ‘n appel. (Een keer, toe ek klein was, het my sussie appels in haar hare gehad en moes sy dit afsny.) Appels is pittig en wit en hou verjaardagpartytjies. Jesus is lief vir appels, want hulle is eerlik.

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

10 Responses to ““Subliem””

  1. Ja, sê hom! Appels is eerlik. ‘n Appel sal nooit maak of hy ‘n piesang is nie, want appels kry nie fopdos-neigings nie.

    Reply

  2. OG! As mango’s maar soos appels was. Maar hulle is nie almal so nie.

    Reply

  3. En wat van die Groot Appel. Mens kan nie van die Groot Appel vergeet nie

    Reply

  4. Ek is verlore. En dom. Sorry….
    Miskien omdat ek nog nie vir goue vissies appels gevoer het nie?

    Reply

  5. Verwys hierdie dalk na Appel wat soms hier comment, die ene van Smetlose Pols op die links hier langsaan?

    Reply

  6. God. Het jy appel gerook?

    Reply

  7. Ek rook nie, nee. Ek’s bang dit tas my keel aan totdat daar net ‘n fluisterstem by my larinks uitskuur.

    Reply

  8. en mens soek ‘n sterk stem as jy ‘n meisie met ‘n kort rokkie en ‘n lang jas wil vang ;)

    Reply

  9. Mens kan dit eet.

    Reply

  10. ag nee man, henno. die verklap van ons repertoire kan ernstige (re)perkussies hê ;-)

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled