LOS KOMMENTAAR EN WEN!

Ek gaan vir die volgende paar dae op die Helshoogte-Serruria jooltoer, waartydens niemand dronk of baldadig sal wees nie. (Ons is sedelik.) Gevolglik sal ek vir 'n rukkie nie kan blog nie. Ten einde 'n weeklange stilte te verhoed, het ek dus met die volgende blink idee vorendag gekom:Los soveel moontlik kommentaar op hierdie inskrywing en WEN.

Dis reg, ja – as jy die een honderdste (100′ste) brokkie kommentaar op hierdie post los, sal ek vir jou die bostaande foto van 'n Suid-Afrikaanse vyftigrandnoot via e-pos stuur. Dink net aan al die voordele. So kom, moenie skaam wees nie: los soveel kommentaar as wat jy wil, droom groot en was agter jou ore. Jy mag dalk net die gelukkige wenner wees.

This entry was posted in Matieland. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>