Vry soos ‘n foto

Tussendeur die skaafwerk aan die klankbaan en beeldmateriaal vir Vensters, is ek besig om Foto Na Dans se nuwe kortspeler vir Die Matie te resenseer. (Ek het ook belowe om 'n nuwe boek oor die Voëlvrybeweging te resenseer, maar het dit nog nie gelees nie. Hierdie keer gaan ek egter nie maak soos die keer op skool toe ek die eerste Harry Potter-film vir die skoolkoerant geresenseer het sonder om daarna te kyk nie.)

Ek sukkel om agter te kom of Nel en kie se lirieke goedbeplande, semantiese landmyne of grammatikale aborsies is. (Ek hou van die laasgenoemde sin. Dalk moet ek dit net so gebruik.) 'n Liriek soos…

Ek sal jou neerlê op skrif, sodat ons kan
onthou
Sodat ek in ink mag rus

…het potensiaal. Dan is daar egter weer uitdrukkings wat onsettend passé daaruit sien:

My siel is verkrag

Dit pla my dat die trompetsolos soms te sag is. Tyd (en 200 repeats met WinAmp) sal seker help. Dalk groei die musiek nog op my. Een ding is egter seker – hierdie ouens se musiek verdien meer aandag as 'n Kurt Darren-treffer. Ek gaan dit vir hulle gee.

(My kinderdae is nie so uniek soos wat ek gedink het nie. Soek jy aandag?)

This entry was posted in Musiek. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>