
Op 'n teëlvloer in 'n manskoshuis kniel 'n meisie voor 'n porseleinbak vol water. Sy maak haar maag leeg. Haar ou vryf simpatiek oor haar rug; sy sukkel om behoorlik te huil en knyp angstig sy bene vas, terwyl haar skouers soos 'n sukkelende dieselenjin in die Himalajas ruk.