Moses woon in Waenhuiskrans
Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!
12th Avenue het Vrydagaand op die Tokkie (die grasperk agter Helshoogte) kom speel. Ek was beïndruk – Mark Haze het ‘n unieke stem en die hele band het hulle alles gegee vir die vertoning. (Ek was laas so beïndruk toe ek Fokofpolisiekar se laaste gig vir 2006 in Mercury Live gaan kyk het en hulle net geborgde Valpré water op die verhoog afgesluk het. Hoe nugterder die band, reken ek, hoe beter die musiek.) 12th Avenue het my nog nie oortuig om met hulle CD onder my kopkussing te slaap nie, maar ek het die vertoning nogtans gate uit geniet. Hulle stage presence is iets om te beleef. Gaan soengroet hulle as jy kans kry – hulle is goeie landsburgers.
V.l.n.r: Bjorn Faree, Angelo Thomas, die uwe, Gareth Haze


