(Nominasies vir die SA Blog Awards is nou oop.)
‘n Paar aande gelede het ek doodluiters in 'n bossie voor Admin-A gepiepie. Niemand (behalwe 'n goeie vriend wat kywie gehou het) het my gesien nie; in totale verlatenheid kon ek, met 'n BP pie onder die blad, 'n uitgelate straaltjie van tevredenheid na buite wend en verlig verder oor die rooiplein slenter. Die USBD was besig om 'n klomp eerstejaars te roskam oor die riete wat hulle gesteel het (vermoedelik om perde à la die Simonsberg MET mee te bou) en kon nie minder getraak wees met my doen en late nie. Tewens, hulle het nie die vaagste benul gehad dat daar iewers 'n nagraadse taalstudent besig was om die burokrasie se blombedding nat te lei nie.
Word vervolg