Blohmmende wanopvattings

Ek weet nooit lekker hoe om die vraag: “so – wat is jou gunsteling soort musiek?” te beantwoord nie. In die meeste gevalle wil ek skroomloos “rock” sê. Dit sukkel egter, omdat baie Suid-Afrikaners wat ek teekom se opvatting van rockmusiek nog steeds ‘n septiese kombinasie van blues en bekfluitjies is.

Rock is, in teenstelling met dit wat die Huisgenoot jou vertel, nie Jan Blohm nie. Rock is nie Piet Botha of Koos Kombuis nie. Rock is nie eers Valiant Swart, Johannes Kerkorrel of Anton Goosen nie. Hulle het elkeen ‘n welverdiende, unieke plek in die Afrikaanse musiekgeskiedenis, maar rockers is hulle nie. Om met ‘n bottel whiskey en ‘n slap sigaret kitaar te speel terwyl jy iterasies van pentatoniese toonlere kwyt raak, maak van jou ‘n blues-speler. Rock is, myns insiens, iets veel meer kragtiger. Iets soos:

[youtube = http://www.youtube.com/watch?v=QFlohB2K9p0]

Soms soek mense aandag. Sal jy armdruk vir ‘n foto van Riaan Cruywagen?

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

2 Responses to “Blohmmende wanopvattings”

  1. Amen.

    Reply

  2. briljant! is oorpluisies standaard rock toerusting?

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled