Ek het vergeet om jou in te skryf

“Nee, jy wil nie 'n poppie wees nie – hulle het flos tussen die ore” – Marlene van Niekerk

Ek deel my kamer met 'n hoop klere. Dis nie skaam om op die vloer te lê nie, so wanneer ek gaan slaap voeter ek dit op die blou matjie voor my koshuiskas neer. My hoop is nomadies. Soggens vroetel ek met my oë, ploeter na die kas en wend my hoop tot my bed. Dit los my kasdeur skoon, sodat ek daarin kan grawe vir nog klere om later by my hoop te voeg. My hoop groei. Dit praat nie baie nie, maar giggel soms as dit die wasgoedmandjie agter in my kas raaksien. Een keer het dit tot in my skoene gesak, toe versmoor die veters.

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>