Voorskou #4

'n Gekke man het eendag vir my gesê ek en my kussing rafel uit en hoort onder 'n groen dak. Om meer spesifiek te wees, het hy gesê, hoort ons in een van daardie kamertjies met die baie kussings teen die mure. Dit het vir my al te aangenaam geklink, maar my kussing was nie in akkoord nie. Ek sal te veel met die ander kussings flankeer, het sy nors geflap-flap: sy weet mos ek is 'n man en 'n man is nie 'n klip nie. Klippe hou nie van kussings nie, het ek haar mooi reggehelp, maar sy wou nie hoor nie. Ek het nie geweet wat om te doen nie, toe voeter ek haar maar teen die gek se nek.

Sy was woedend en het weggeloop saam met 'n lesbiese bedpoot.

This entry was posted in Matieland and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>