Lank lewe Joe

Jy weet jy is 'n kitaarspeler wanneer jy die hope klere, papiere, eetgerei, boeke, leggers, sakke en ander lukrake items in jou chaotiese kamer ignoreer wanneer jy dit betree met die bedoeling om op te ruim – en eers vir 'n uur of wat rustig op 'n akoestiese kitaar sit en tokkel.

Ek het dit vanmiddag gedoen tussen 'n oggendklas en my diensbeurt as assistent by die Departement. Die begin en einde van Circles (deur Joe Satriani) is nou my vingers se nuwe vriende. Eendag as ek groot is, sal ek die middelste deel ook kan speel, maar vir eers verlustig ek myself in die bedrieglik eenvoudige gedeeltes van hierdie genie se musiek:

This entry was posted in Musiek and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>