Avhatakali all over

‘n Goeie vriendin vra my vanoggend hoekom ek so perky is. Ek verstaan nie, trek my gesig op 'n plooi en staar effe benulloos na haar. Bedonderd, sê sy. Hoekom is ek so bedonderd. Sy was sarkasties.

Klaarblyklik is ek bedonderd.

‘n Man het homself en twee baba’s hierdie naweek vol petrol gegooi en aan die brand gesteek. Die man wou sterf en het die vlamme vanselfsprekend nie probeer keer nie. Die baba’s se gunsteling tydverdryf was seker ook nie om te brand nie, maar dis moeilik om 'n kardeur uit te pluis as jy vyftien maande oud is. Toe verkool hulle maar.

Ek is nie bedonderd nie, Dawid. Regtig. Ek is die fokken magtelose moer in.

This entry was posted in Media and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>