‘n Insident die naweek op Oudtshoorn het my laat dink aan hierdie kort gediggie, wat ek geskryf het toe ek sewentien was:
Verwronge staal
het in stilte geskree;
vergruisde vlees
het stil, gedweegeroep tussen klippies
en stukkies skrapnel -
op soek na 'n hemel
in 'n yskoue hel -en 'n siel en 'n engel
in 'n bloedbevlekte jas
het mekaar gesoek
tussen dit wat wasterwyl ek, verdwaas,
met twyfel in my oë
benoud begin wonder het
waarin ek glo.
© Johan Swarts 2002
Hou hierdie spasie dop vir lukrake nuus oor die KKNK en foto’s van my en Willem Botha se niksvermoedende agterlyf.