Gehoor voor die ABSA Wyntent:
Lid van Slagyster
Ja, dis mos daai Willem…Willem…wie nou weer?
20-Jarige akteur wat stotter in Willem Anker se Slaghuis
Willem Anker
LvS
…Willem Anker, ja. Wat dit geskryf het. Dis amazing, dis alles so…hoe sal ek dit nou stel….ek meen…
20JAWSIWASS
Ja…
LvS
Alles het 'n dieper betekenis, jy weet, dis like…
20JAWSIWASS
Ja, bra…
LvS
Dis…
20JAWSIWASS
Ja…
LVS
Dis like…dis like METAFORIES. Alles is moerse METAFORIES. Jy weet?
20JAWSIWASS
Metafories, ja…ja…
[stilte]
20JAWSIWASS
My snor is real.