
Jy is nie 100% boer nie. 'n Boer ploeg, beskik oor uitgebreide kennis van stropers en skape en hou weerpatrone dop. By tye saai hulle. Soms bid hulle vir reën en sukkel hulle met plaasmoorde.
Die enigste saad wat jy ooit saai, kleef aan jou Billabong-broek vas.
Sit neer jou bier, vergeet van die monumente wat jy nog nooit besigtig het nie, trek uit jou Crocs en gaan kry 'n ander identiteit. Want die Vader (wat jy gereeld uit jou gatsak ruk om vloekwoorde om etenstafels mee te heilig) weet, ons het nie nog 'n verstopte toilet nodig nie.