![]()
Beuls blaas is nie juis my gunsteling tydverdryf nie. (Al het ek trompet op skool gespeel.) Uno het egter onlangs binêre aan-aan met my gespeel – ek kan nie anders as om saam te speel nie. Hiermee dan 5 dinge wat jy moontlik nie van my geweet het nie:
- Ek het kitaar begin speel om meisies te beïndruk. Met een uitsondering het dit nooit gewerk nie, maar dis een van die beste oordeelsfoute wat ek in my lewe gemaak het.
- Die vreemdste plek waar ek iemand al gesoen het, was in die Universiteit van Stellenbosch se bibgat voor die JS Gericke Biblioteek.
- My bababroer is voor my oë dood toe ek 8 jaar oud was.
- Iewers in matriek het ek die melktert in die personeelkamer se yskas (wat bedoel was vir die beoordelaars van die eertydse DALRO-toneelkompetisie) gegaps terwyl ek na-ure aan die skoolkoerant gewerk het.
- Alhoewel ek telkens saam met die koshuis kaalnael na middernag, is ek nié 'n oggendmens nie.
En nou tag ek elkeen op my blogroll en wie ook al hierdie post lees. Wat weet ons nie van jou nie?