Die afgelope paar dae het ek van voor af siek geword van die mensdom se verknogtheid aan skinderstories. Ek het naar geraak van “groot” mense wat soos kleinburgerlike skooldogtertjies by my wil weet “wat dan nou eintlik gebeur” het. Hoekom dit gebeur het. Wat nou gaan gebeur. Hoe ek daaroor voel. Of dit reg is. Hoekom sulke dinge gebeur. Almal krap vir bloed; almal soek na klippe om heel eerste te gooi en splinters om uit korneas te trek. Sodat hulle nog 'n brief aan Die Burger kan skryf.
Ek wonder hoeveel VIGS-wesies omgee.